“Jy … Jy het aansoek gedoen as onderwyser by my skool?†wil hy eers geskok weet voordat hy die impak besef van wat hy gesê het en sy suster met groot oë aankyk, “Maar dis dan ‘n seunskool, wat net manlike onderwysers aanstel en jy’s …†Na ‘n wedenskap met haar jonger broer doen Patricia de Kok inpulsief aansoek as Geskiedenis onderwyser by die Hoër Seunskool Kareekloof en tot haar skok kry sy die pos. Vermom as ‘n man, gaan werk sy by die skool en daar ontmoet sy die streng, onvirbiddelike skoolhoof Markus Struwig op wie sy haar hart verloor. En dis waar al die sports begin toe sy en Markus hulleself getroud vind na ‘n gekonkel van hulle broers, haar ouma en hulle huidhoudster.
Nota: Die is nie 'n politiese korrekte boek nie - die mans in die boek is oorheersend, domineerend en toetaal en al alpha man. Sodra die besef by hulle insak dat hulle is lief vir die vrou in hulle lewe sal hulle alles in hulle vermoe doen hom haar te beskerm en te laat voel soos die enigste persoon op aarde.