Elrize se huwelik met ‘n Engelsman misluk as gevolg van sy wreedheid teenoor haar. Voor hulle kon skei, sterf hy in ‘n ongeluk, en sy erf ‘n fortuin. Terug in Suid-Afrika gaan woon sy op ‘n stukkie grond wat ‘n erfenis van haar oom is. ‘n Ou, maar mooi kerkie op die stukkie grond wat aan haar oom behoort het, omskep sy in ‘n woning wat sy betrek. Gou kom sy agter dat sy sedert dag een die woning met ‘n man deel wat sy nog nooit gesien het of van weet nie. Hy los vir haar geld vir kos wat hy vat saam met klein geel briefies ... en haar hond blaf nie vir hom wanneer hy in die nag in haar huis rondloop wanneer sy slaap nie. Haar pad saam met hierdie man is gevaarlik, vol vrees, maar sy leer ook daar bestaan werklik iets soos opregte liefde.