Die eerste ontmoeting tussen die onskuldige 19jarige Natalie Moolman en die 34 edelman Alexander Herkovich kon nie onder meer verassende omstandighede gebeur het nie. Natalie het saam met Alex se tweeling susters gaan kuier op sy wildsplaas en om seker te maak hulle ry sy ouma se planne in die wiele het hulle Natalie laat intrek in Alex se persoonlike vleeul van die opstal, min wetend dat Alex onderwags sal huis toe kom en die twee die nag sal saam bring wat uit lei op hulle huwelik om haar reputasie te beskerm. Natalie wou natuurlik niks van die manlike chauvinis weet wat dink vroumense is op aarde gesit net vir ‘n man se plesier en wat moet ja en amen sê op elke liewe bevel wat hulle mag uiter nie maar Alex se wil was baie sterker as hare en het haar ast te ware ontvoer en saam met hom terug gevat na sy kasteel in die Alpe totdat hulle uitvind of sy swanger is. Hulle verhouding was stormagtig van die begin af, Natalie wil nie toelaat dat Alex net oor haar loop nie en Alex wat gewoond daaraan was om sy sin in alles te kry het haar tot sy wil probeer dwing maar gelukkig in die ou einde het die liefde oorwin.