Please be aware orders placed now may not arrive in time for Christmas, please check delivery times.
Rika du Plessis Omnibus 10 (Afrikaans Edition)
Let asseblief op dat hierdie verhale ook as enkeltitels by Amazon aangebied word.
Malinda en haar tweelingsussie, Annelie, word geskei toe hulle as gevolg van omstandighede by verskillende huisgesinne aangeneem word.
Malinda maak opgang as ontwerpster by ‘n groot modehuis, maar ontdek dat die baas van die modehuis, Dries, aan haar tweelingsus verloof was voor sy twee jaar gelede sommer net landuit gevlug het sonder om hom te sê waarom.
Dries soek toenadering by Malinda, maar sy is nie seker of hy haar as plaasvervanger vir Annelie sien, en of hy werklik in haar, Malinda belang stel nie. Tog het sy hom liefgekry en kan hom nie weerstaan in hulle omhelsings nie. Toe daag Annelie weer daar op… met ‘n klein dogtertjie…
Bonita vlug weg van haar vernielsugtige man af. Op pad neem sy die naam van 'n vreemede meisie aan, en sy beland deur vreemde omstandighede op 'n forelplaas waar sy werk kry. Daar loop sy haar egter vas in 'n man met 'n halwe masker oor sy gesig wat haar aanraai om terug te gaan na vanwaar sy gekom het.
Jim se ligte vliegtuig val, en Jim is erg beseer. Hy ly ook skielik aan geheueverlies. Hy sterk aan op sy vriend, Jon, se vakansieoord waar hy erg verlief raak op Jon se suster. Maar dan daag sy eksvrou daar op, en sê voor sy vertrek het hy weer aan haar verloof geraak, en hulle gaan trou. Boonop het sy ‘n baba by haar wat sy sê sy kind is…