Please be aware orders placed now may not arrive in time for Christmas, please check delivery times.
#liefvirjou (Afrikaans Edition)
Cara de Villiers is laat vir haar vlug na Suid-Afrika toe sy in Kobus Viljoen vashardloop. Hy luister haar selfoongesprek met haar ma skaamteloos af en kan nie help om te hoor dat sy ’n metgesel na ’n troue benodig nie. Cara wil alleen na haar niggie se troue toe gaan. Sy glo vas daar rus ʼn vloek op haar familie en sy mag daarom nie eendag trou nie. Kobus nooi hom egter teen wil en dank na die niggie se troue saam. Cara probeer alle vlinders in haar maag ignoreer wanneer Kobus naby haar is, want hy neem nooit ʼn meisie meer as drie keer uit nie. En Kobus glo hy is volkome in beheer van sy hart en lewe, al sukkel hy om sy hande van Cara af te hou. Wat is dit aan die veel jonger Cara wat hom so aangryp en bekoor? Met al Cara se reëls en Kobus se reputasie lyk dit onmoontlik dat die twee mekaar sal vind. Maar laat die liefde hom werklik afskrik deur struikelblokke?