Please be aware orders placed now may not arrive in time for Christmas, please check delivery times.
OMNIBUS 1 (Afrikaans Edition)
Al drie hierdie liefdesverhale is ook as afsonderlike publikasies op Amazon beskikbaar. FLUISTERENDE NAGTE: Die leser word ingetrek by die trauma wat elke ouer vrees. Pragtige jong Tanya daag nie na skool by die huis op nie en dit dompel Org en Susan Joubert, in 'n donker nagmerrie van angs. Dan raak die joernalis, Karin Erlank ook soek. Kan hierdie twee sake met mekaar verbind word? Maria M Bekker vertel hierdie verhaal op 'n deernisvolle wyse en getrou aan haar aard, kan die leser identifiseer met die emosies wat hier ter sprake NAAMLOSE REISIGER: is ʼn tydlose liefdesverhaal waarin gister-verhale die pad na more vertroebel. Beyers het van alles in sy verlede weggestap en Milla se lewe word deur haar ouma Dorothea, se gisters beheer. Op Kreupelbaai kruis hierdie paaie met mekaar en word Beyers en Milla in die maalkolk van bitterheid en ou verhale, gekneus. Eers wanneer die bitterste waarheid aan die lig kom, kan die toekoms oopgesluit word. HANDVOL STERRE: ʼn Onverwagse oproep ruk Adri Opperman, haar ma Estelle, en jonger boetie Steffie, weg uit ʼn sukkelbestaan in Durban en plaas hulle oornag in ʼn situasie waar geldnood nooit weer ʼn kommer sal wees nie. In Nylstroom word Adri egter wreed ontnugter as sy besef dat sy maklik die prooi van opportuniste kan word. Daar is Nico de Waal, die aantreklike jong prokureur, wat ooglopend in haar belangstel. Ook Duvan Lousteau laat haar hart vinnige klop met sy weerbarstige kuif. Adri raak verstrengel in die vraag: gaan liefde oor haar of oor die groot erfporsie wat Stefan Ryland nagelaat het? Hierdie romantiese verhaal verskaf puik leesgenot en bring die karakters en die lesers tot die besef dat die geluksgodin en die liefdesgodin nie altyd langs dieselfde vuur sit nie.