Please be aware orders placed now may not arrive in time for Christmas, please check delivery times.
OMNIBUS 4 (Afrikaans Edition)
OP BROSE SKOUERS: Op pad terug van hulle wittebrood, is Duard en Talana in ʼn motorongeluk betrokke. Sy doen slegs geringe besering op, maar Duard se bene moet afgesit word. Terwyl hy in die hospitaal is, moet Talana in Aandgloor by die Kirstens gaan bly. Haar snobistiese skoonma is woedend oor haar seun se skielike huwelik met ʼn meisie benede hulle stand. Sy smee ʼn komplot teen Talana wat veroorsaak dat daar ʼn wig tussen haar en die verbitterde Duard ingedryf word. Sy vlug na haar maar toe en wonder of hy haar en die kind wat sy verwag, ooit weer sal kan liefhê. WIE IS MY NAASTE: Tabita verloor haar baba en daarmee saam ook die hoop om ooit weer swanger te raak. Dan kom Magda, Tabita se tweelingsuster met haar twee dogtertjies kuier. Sy is swanger en Tabita en Dawid oorreed haar om die baba vir hulle te gee. Die skeiding is egter so moeilik dat Magda nog verder agteruitgaan en haar lewe verder verval. Sou sy die skeiding oplaas aanvaar, of sal sy keer op keer Tabita se geluk kom beproef? SLUIER OOR HAAR VERLEDE: Leenta Pelser se gesig word onherkenbaar verbrand tydens ʼn motorongeluk waarin haar passasier, Magdalena Kruger, sterf. Toe Leenta die hospitaal kan verlaat, word sy deur haar oorlede man se mense na Rustende Eike geneem. Op Rustende Eike woon Fred en sy seuntjie, Frikkie, ook saam met sy moeder en suster. Leenta word teen haar sin, by die wel en weë van die Pelsers ingetrek. En dan daag John Griesel op met net een begeerte is sy hebsugtige hart; dat Magdalena Kruger moet boet vir dit wat sy van hom geneem het!